Koerdies كوردی, Kurdî, Kurdí Zimanê kurdî, زمانی کوردی | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Turkye Irak Iran Sirië Armenië Azerbeidjan Georgië Duitsland | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 30 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Koerdies | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet, Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Irak | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ku
| |
ISO 639-2: | kur
| |
ISO 639-3: | kur
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Koerdies (كوردی, Kurdî, Kurdí), oftewel die Koerdiese tale (زمانی کوردی, Zimanê kurdî),[2][3] is 'n dialekkontinuum[4] wat aan die Irannese tale behoort en deur etniese Koerde in die geokulturele streek Koerdistan en die Koerdiese diaspora gepraat word. Die drie Koerdiese tale is Noord-Koerdies (Kurmanji), Sentraal-Koerdies (Sorani) en Suid-Koerdies (Xwarîn). 'n Ander groep van nie-Koerdiese Noordwestelike Irannese tale, die Zazaki-Gorani-tale, word ook deur miljoene se etniese Koerde gepraat.[5][6][7] Volgens ondersoeke in 2009 word die aantal Koerdiese moedertaalsprekers in Turkye op tussen 8 en 20 miljoen geraam. Die meerderheid Koerde praat Koermandsji.[8][9] Die meeste Koerdiese tekste is in Koermandsji en Sorani geskryf. Koermandsji word met die Hawar-alfabet geskryf, 'n aangepaste weergawe van die Latynse alfabet, en Sorani word met die Sorani-alfabet geskryf, 'n variant van die Arabiese alfabet.
gemeng |
Die kategorisering van Laki as 'n dialek van Suid-Koerdies of as 'n vierde Koerdiese taal is tans die onderwerp van 'n debat,[10] maar die onderskeie tussen Laki en ander Suid-Koerdiese dialekte is minimaal.[4]
Tot in die 20ste eeu was die literêre uitset in Koerdies veral beperk tot poësie, toe meer algemene literatuur verskyn het. Vandag word veral die twee Koerdiese dialekte Koermandsji en Sorani vir skryfwerk gebruik. Sorani is saam met Arabies een van Irak se twee ampstale en word in politieke dokumente eenvoudig "Koerdies" genoem.[11][12]